ENGLISH   AFRIKAANS            

Indringende Vraag: Werk Hipnose Werklik?

deur Melissa Beattie-Moss Maart 18, 2014

Jy word moeg. Jou ooglede word swaar. Jy voel nou baie vaak...

Die meeste van ons herken hierdie woorde as van 'n Hollywood teks oor 'n hipnose sessie. Dit word tipies uitgebeeld as die werktuig van 'n komediant of swendelaar ("Wanneer ek so sê gaan jy kraai soos 'n hoender...") of 'n misdadige, beherende skurk, en so het hipnose 'n ernstige beeldprobleem gekry om te oorkom. Kyk mens egter verby hierdie stereotipes, is daar enige geldigheid aan hipnose as 'n terapeutiese tegniek? Hipnoterapie - of mediese hipnose - het 'n lang geskiedenis as 'n kontroversiële behandeling vir fisiese en sielkundige probleme. Verskeie mediese figure sedert die 18e eeu (insluitend die Oostenrykse dokter Franz Mesmer, van waar die woord "mesmeraais" vandaan kom) het eksperimente uitgevoer deur pasiente in hipnotiese toetstande te plaas vir die rede om hulle te genees. Vasbeslote om uit te vind of hierdie nuwe mediese tegniek 'n werklikheid of 'n kullery was, het Koning Lodewyk XVI van Frankryk 'n paneel kundiges byeengeroep, insluitend ambassadeur Benjamin Franklin, om Mesmer se aansprake te ondersoek. In 1784 het die Franklin Kommissie sy verslag bekend gemaak, wat gevind het dat "mesmerisme" uitermate bedrieglik was en sonder enige meriete.

"Dit het eeue geneem vir mediese hipnose om weer geloofwaardigheid te verkry," sê Penn State sielkunde professor William Ray. "In die 1950's is daar betroubare skale van hipnotiseerbaarheid uitgewerk wat toegelaat het dat navorsing in hierdie veld validiteit begin kry het. Ons het sedertdien al meer as 12 000 artikels omtrent hipnose in mediese en sielkundige tydskrifte gepubliseer. Vandag bestaan daar algemene konsensus dat hipnose 'n belangrike deel van behandeling kan wees vir sekere toestande; insluitend fobies, verslawings en kroniese pyn."

Ray se eie navorsing gebruik hipnose as 'n werkmiddel om die brein beter te verstaan, insluitend die reaksie op pyn. "Ons het al verskeie EEG studies gedoen," sê Ray, " een waarvan aandui dat hipnose die emosionele ervaring van pyn verwyder terwyl dit toelaat dat die sensoriese sensasie bly. Dus merk jy op waar jy aangeraak word, maar nie dat dit seer is nie." Meer onlangse navorsing wat gebruik maak van moderne brein afbeelding tegnieke wys dat die konneksies in die brein anders is tydens hipnose. Veral daardie areas van die brein wat gebruik word tydens besluitneming en die monitering van die omgewing wys sterk konneksies. Wat dit beteken is dat onder hipnose die persoon kan fokus op dit wat hulle doen sonder om te bevraagteken waarom hulle dit doen of om na die omgewing op te let vir veranderinge. Afgesien van die groter herkenning by die mediese gemeenskap, hou polulêre mites omtrent hipnose steeds aan, soos die geloof dat dit 'n waarheidserum is, dat mens vrye wil sal verloor en dat alle hipnotiseurs hulle kliënte se geheues tydens 'n sessie kan uitwis. Inderwaarheid is hipnose iets wat ons almal al in ons daaglike lewens ervaar het. As jy al ooit in 'n boek of fliek verdiep was en alle idee van tyd verloor het of nie eers gehoor het as iemand jou roep nie, dan het jy 'n toestand ervaar wat baie naby aan hipnose is. Die gehipnotiseerde persoon is nie aan die slaap of bewusteloos nie - inderwaarheid die teendeel. Hipnose (gewoonlik veroorsaak deur die hipnotiseur se verbale leiding en nie 'n swaaiende horlosie nie) skep 'n hiper-attentiewe en hiper-responsiewe verstandelike toestand, waarin die kliënt se onderbewussyn baie oop word vir suggestie. "Dit beteken nie jy word 'n onderdanige robot wanner gehipnotiseer nie," bevestig Ray. "Studies toon dat goeie hipnotiese kliënte aktiewe probleemoplossers is. Terwyl dit waar is dat die onderbewussyn baie meer oop is vir suggestie tydens hipnose, beteken dit nie dat die kliënt se vrye wil of morele waardes afgesit is nie."

Kan sekere mense makliker gehipnotiseer word as ander? "Ja, alhoewel die rede nie duidelik verstaan word nie," verduidelik Ray. "Hipnotiese vatbaarheid hou oënskynlik nie verband met verwagte maniere van persoonlikheidseienskappe soos liggelowigheid, verbeeldingsvermoë of onderdanigheid nie. Een skakel wat ons ontdek het, is dat mense wat meegesleur raak in daaglike aktiwiteite - lees of musiek, byvoorbeeld - dalk makliker gehipnotiseer kan word." In die laat 1950's was Stanford Universiteit die eerste om 'n geloofwaardige "maatband" van vatbaarheid daar te stel (die sogenaamde "Stanford Susceptibility Scales.") Deur verdere studies het navorsers uitgevind dat 95% van alle mense tot die een of ander mate gehipnotiseer kan word (met die meeste wat in die middelreeks van die Stanford skaal val) en dat "die individue se telling - wat sy vermoë weerspieël om op hipnose te reageer- merkwaardig stabiel bly met die verloop van tyd. Selfs vyf-en-twintig jaar na die aanvanklike Stanford Skaal toets het mense wat hertoets is, dieselfde vlak van hipnotiese vatbaarheid openbaar."

Om die presiese meganisme te verstaan wat verantwoordelik is vir hipnose, word benodig dat die werking van die onderbewussyn gedekodeer moet word. Terwyl dit haas onmoontlik is om by daardie kennis uit te kom, het hipnose al 'n lang pad gekom sedert dit deur die Sonkoning se kommissie afgeskryf is. Wie weet? As hy die saak vandag sou kon hersien, mag Bejamin Franklin dalk oorreed word - ("Jy word vaker... Jou ooglede word swaar...") - om sy besluit te verander.

William Ray, Ph.D., profession in sielkunde, kan bereik word by wir@psu.edu

http://news.psu.edu/story/141251/2005/10/03/research/probing-question-does-hypnosis-work


KLIËNTE VERWYSINGS


Disclaimer: Results may vary depending on adherence to the program and suggestions made.

"Hi Hendrik, Well I am doing very well. Been surrounded by a lot of drunk people lately. I was sober on my bachelors too so I have been through the pitts and survived. I have gotten so far because of you. This is a victory for the both of us! You are the best in what you do!!! Thank you so much " ...

"Still doing well here. Its 7 days tomorrow, and I listen to your CD every night at 7pm. I'm loving my new life. I have also joined the local gym, and have been walking every night for 45 mins. No longer drink coffee or Tea at all. In fact I have cut out anything with Caffeine. I'm drinking about 10 glasses of Water per day. Eating natural fruits and taking Vit C every day. I've had a few times when I've craved, but nothing too serious. I'm taking each day by day, but will listen to your CD for as long as it takes. Thanks for helping me get my life back."

"Hi Hendrik, Hope you are well. Thought I would pop you a probably way overdue mail, to share with you where I currently find myself. I had a session with you just over a year ago […] The purpose of my visit was for you to guide/assist me with my stop smoking attempt. Initially, it was extremely difficult and I honestly thought that I had wasted your and my time. Constantly reminding myself of the important things that you taught me and opened my mind to on that day, is what helped me through the very difficult first days and weeks, maybe even months. I am very pleased to report, that since that day, I have managed to avoid that "first one" and have not had a single cigarette since. I can distinctly remember riding home that day on my motorcycle, from your place in Villeria to my home in Centurion. I was in a total state of relaxation and it was a rather tricky ride home for me. Upon arriving at home, my Wife and two Sons were eager to hear what had happened, but I was so relaxed or possibly tired, that I could not share the whole experience with them. It took sharing bit by bit over the following few days for me to share the entire experience with them. I am so happy that I did what I did back then, I'm not sure who the credit for this success should go to, you or myself. What I do know is that what you did for me on that day was very valuable and it was an experience that will remain with me for a long, long time. Thank you so much."