ENGLISH   AFRIKAANS            

HIPNOSE GEBEURE

Gratis Kwotasie

Hypnosis Works! bied aan

Hipnose Werkwinkels

Wil jy leer hoe om jouself te hipnotiseer om die kwaliteit van jou lewe te verbeter?

Die Hypnosis Works! Een-dag Self-Hipnose Werkwinkel is die ideale manier om te leer hoe om doelstellings in hipnose te formuleer en dit dan te verkry. Dit word aangebied vir groepe van 4 mense of meer, by die praktyk in Pretoria of by 'n plek van jou keuse (vir groter groepe.)

Gedurende hierdie werkwinkel sal jy verskeie self-hipnose tegnieke aanleer, asook verdiepers en suggesties wat jy op jou eie kan gebruik. Jy sal ook leer hoe om doelstellings vir jouself daar te stel en in volgorde van belangrikheid te rangskik. Deelnemers sal 'n werkboek ontvang om by die huis te gebruik met die werksopdragte, asook opnames wat jy in die gemak van jou eie huis kan gebruik om die proses mee voort te sit.

Vir meer inligting en 'n kwotasie gebaseer op jou behoeftes, KONTAK my asseblief of volg die BLOG vir meer nuus.

Korporatiewe Hipnose

Al hoe meer besighede begin hipnose gebruik as 'n waarvolle manier om hulle personeel se werkverrigting te verbeter. Hendrik bied gereeld individuele of groep sessies aan tydens Welstand Dae ("Wellness Days"), of 'n program kan uitgewerk word om by jou besigheid se spesifieke behoeftes te pas.

Miskien het die personeel nuwe vaardighede nodig of dalk meer motivering, dalk moet hulle maniere geleer word om hulle stres te verminder en hoe om te ontspan, self om meer effektiewe vergaderings te hou. KONTAK gerus vir Hendrik vir 'n in-diepte geselsie oor jou behoeftes sodat hy 'n gratis kwotasie kan uitwerk vir jou oorweging.

Hipnose Vertonings

Het jy 'n groep mense wat vermaak moet word? Met 'n kombinasie van hipnose en kulkuns, kan Hendrik jou skare vermaak. Hendrik het jare se ervaring in die vermaaklikheidsbedryf en kan 'n vertoning aanbied wat jou sal laat skaterlag en verstom. Oorweeg dit gerus vir die eindjaarfunksie, as 'n spanbou ervaring of sommer net vir die pret daarvan. Hendrik sal 'n vertoning aanmekaarsit om by jou behoeftes te pas. (Hy doen selfs kulkuns vir kinders as Magic Man Hendini, sou jy dit benodig!

KONTAK Hendrik vir meer informasie en 'n kwotasie.


Hou gerus 'n ogie op ons BLOG vir nuus oor die nuutse Gebeure, of teken in op die nuusbrief.