ENGLISH   AFRIKAANS            

"Die verstand is kragtig, en jy het meer beheer as wat jy dink." - Scott D. Lewis

Is jy reg vir verandering?



Of jy nou wil ophou rook, jou gewig verminder, jou stres- en angsvlakke wil beheer, or wat jou ookal na hierdie webtuiste gebring het:


Jy het die vermoê om jou lewe te verander. Laat my toe om jou te wys hoe.

Wat is Hipnose?
Ophou Rook
Gewigbeheer
Welkom!

Hipnose is vinnig besig om die voorkeurmanier te word om ou probleme vinnig uit te sorteer.

Dit is veral effektief vir mense wat besluit het om op te hou rook en die Hypno Rehab vir Rokers leer hoe om die slegte gewoonte met goeie gewoontes te vervang en bied ook gratis ondersteuning om te verseker die kliënt bly 'n natuurlike nie-roker.

Mense wat oorgewig is en 'n lewensstyl verandering wil maak om hulle gewig te verminder mag baat vind by die Groot Hipno Gewig Uitdaging. Dit is 'n omvattende program wat met verskeie aspekte rondom gewig werk, ondermeer om die onbewustelike rede vir die gewig uit die weg te ruim, sowel as om die verhouding met kos te verander, motivering vir oefening te kry, emosionele eet stop te sit, om maar net 'n paar van die aspekte te noem wat gedek word.

Jy kan ook Ander Probleme uitsorteer. Goed soos stres, vrese en fobies, die vind van verlore items, om oor verhoudings te kom of gesondheidsprobleme kan redelik maklik deur middel van die hipnotiese proses aangespreek word. Daar is honderde, indien nie duisende, sulke probleme wat kan baat vind deur 'n paar hipnose sessies by te woon.

As jy onseker is of jy sal baat vind by hipnose, maak asseblief Kontak om meer informasie te ontvang.

Daar is heelwat opnames beskikbaar in die Winkel, sowel as 'n paar boeke wat jou kan help as jy dalk te ver bly vir 'n private konsultasie.

Onthou dat resultate sal verskil van persoon na persoon afhangende van die probleem, die suggesties wat gemaak word en hoe hipnotiseerbaar 'n persoon is. Ek wonder of dit vir jou gaan werk?

"Now that this year is drawing to a close, I just wanted to thank you once again for assisting me to become a non-smoker. Still going strong 3 months later. Best wishes to you and yours this festive season. God bless." GvN

"Hi Hendrik, Well I am doing very well. Been surrounded by a lot of drunk people lately. I was sober on my bachelors too so I have been through the pitts and survived. I have gotten so far because of you. This is a victory for the both of us! You are the best in what you do!!!" Thank you so much

"Hallo Hendrik Ek kannie regtig die ervaring onthou maar ek is baie tevrede met die resultate. Dit is al ses maande wat ek nie rook nie. Ek beveel jou aan, aan almal wat wil weet hoe ek dit reggekry het om op te hou rook." Dankie